Posts Tagged With: kreatiwiteit

Vryspel

Daar is baie dinge wat ek elke jaar anders sou wou gedoen het. Dalk ‘n bietjie meer van iets of minder van iets anders. Iets wat ons eerder moes doen of wat ek voel ons uit gemis het op. Die een ding wat ek egter glo ons reg gekry het is dat my 12, 10 en 6 jarige nog saam speel. ELKE DAG.

Hulle geniet mekaar en kom met die ongelooflikste speletjies vorendag. Die lekker van ‘n 12 jarige wat betrokke is is dat hy natuurlik planne kan beraam om hul nuutste idee te maak werk. Soos toe hy sokkerdoelhokke aanmekaar geslaan het sodat hulle kan sokker speel. Sy gunsteling is om ‘n motor of ligte op hul projekte aan te bring. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , , | Lewer kommentaar

Kunstige Maandae

Ek en ‘n vriendin het besluit om die jaar saam kuns en wetenskap/eksperimente met ons kinders aan te pak. Dit skep ‘n wonderlike geleentheid vir die 7 kinders (wat tussen 1 en 11 is) om saam te werk (nie dat die jongste 2 iets meer doen as krap op die stadium nie) en agterna lekker saam te speel en kuier.

Vir ons was dit ‘n oplossing om ‘n paar Rand te spaar, maar ook hope tyd. Kuns en wetenskap klasse word gewoonlik vir verskillende ouderdomme op verskillende tye aangebied. Ons 2 jaag klaar so baie rond vir die kinders se gimnastiek dat ons regtig probeer om af te skaal in ander areas. Dit gaan wel beteken dat ek my kreatiewe sy bietjie gaan moet afstof. Vandat die kinders gebore is het ek my kuns goed weg gebêre. Ons het net nooit ‘n vertrek gehad waar ek veilig kon werk en die deur toe trek sodat hulle nie chaos daarin veroorsaak nie. En watter kind kan immers verf, pastel en kleur potlode uitlos! Lees voort

Categories: Graad 2, Graad R, Kunsvlyt, peuter, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , , , , , | 8 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.