Posts Tagged With: hekel

Vlytige Vrydae

Ons het die jaar begin met Vlytige Vrydae eenkeer ‘n maand saam met maats. Ons hou die groepie klein met ongeveer 6 kinders wat saam goedjies maak (plus natuurlik boeties en jonger sibbe wat speel terwyl hulle besig is). Die meisies (en soms hul boeties) ontdek saam verskillende vorme van kunsvlyt. Dis ‘n heerlike informele, goedkoop manier om nuwe dinge te ontdek en die klomp meisiekinders kuier heerlik om die tafel terwyl hul werk.

iPhone1

Lees voort

Advertisements
Categories: Kunsvlyt, Tuisonderrig, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,,,,, | 1 Kommentaar

Gehekelde tutu rokkie

Die laaste wat ek regtig kans gehad het vir hekel was die stel vir ons jongste se inseëning. Sy is een van daardie rare babas waar mens meer tyd vir sulke dinge gehad het toe sy ‘n maand of 2 oud was, as toe sy ‘n jaar was. Ek moet by sê ek het reeds met die stelletjie begin toe ek nog swanger was en het dit net in daardie eerste weke klaar gemaak.

JKN_0096 DSCF4898

Lees voort

Categories: Hekel | Sleutelwoordw: ,,, | 4 Kommentaar

Hekel klere

Laas jaar het ek vir ons Pop ‘n blou toppie gehekel (My eerste aanpassing van ‘n patroon). Dit was die eerste klere wat ek vir die twee gemaak het. Toe het my eerste eie skepping, 2 “jassies” gevolg, ‘n bonte en ‘n perse. Dis eintlik die bont jassie wat die begin was van Lomi Creations en die blad.  Sien die PlayBall juffrou het die gesien en wou toe ook een hê. Dit het my aan die dink gesit en nou hekel ek te lekker vir enige iemand wat ietsie anders wil hê. Lees voort

Categories: Hekel | Sleutelwoordw: , | 2 Kommentaar

Tannie Anna kombers

Ek hou daarvan om ‘n kombers hier op die kantlyn te hê waaraan ek kan werk. Daar is altyd so ‘n stilte tussen die ander projekte deur en dan is dit lekker om ‘n deur lopende projek te hê. Ek kan die dan net optel en gou bietjie werk.

Ek was egter lus vir iets anders. Ek ontdek toe een van my eie babakomberse waarin ek nog gedoop is en besluit ek gaan die patroon aanpak. Dit is iets besonders. Die kombers is jare terug nog deur my tannie Annalize Schreuder gehekel. Na haar beroerte sal sy nooit weer so ‘n kombers kan aanpak nie. Ek deel dus graag met julle die patroon. Lees voort

Categories: Baba, Hekel | Sleutelwoordw: ,, | 7 Kommentaar

Gehekelde juwele

So tussen deur alles is ek ook besig met ‘n nuwe reeks gehekelde juwele vir Lomi Creations. Dis een van my oulike vriendinne wat my die gedagte gegee het. En sjoe, is dit nou nie pret nie! Plus in die hitte is dit heelwat makliker om te hekel as ‘n kombers!

Ek het nou al ‘n hele paar oulike goedjies vir kinders en vroue gemaak en verder snuffel ek oral rond vir oulike patrone. Natuurlik met die soektogte saam het ek al ‘n paar van my eie patrone uitgedink.

Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Hekel | Sleutelwoordw: | 2 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.