Posts Tagged With: stories

As die inperking lees in die wiele ry

Ek het ‘n huis vol boekmonsters. Hulle verorber boeke teen ‘n verstommende spoed. Toe die grendelstaat aangekondig is het ek ‘n probleem verwag. Ek het 37 boeke uit geneem die laaste dag wat die biblioteke oop was. Binne 2 weke het die 3 dit egter kafgedraf.

Toe het hulle in ons boekrakke in gevaar. Boeke wat ek oor jare opgegaar het het hulle heeltemal te vinnig klaar gelees. Baie mense het altyd gesê ek gaar onnodig boeke op, dat mens dit mos bloot by die biblioteek kon uitneem. Wel hier sit ons nou en biblioteke is gesluit! En gaan nog vir lank gesluit bly. Buitendien is baie van ons boeke ouer boeke wat biblioteke lankal verniet / van ontslae geraak het. Lees voort

Categories: Graad 1, Graad 5, Graad 7, Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , , , , | Lewer kommentaar

Op ons boekrak 2019

IMG_8617

Ek kan nie glo dat nog ‘n jaar met al sy heerlike stories vinnig besig is om tot ‘n einde te kom nie. Elke jaar wonder ek of ons nie al die bron van goeie boeke uitgeput het nie, net om nog skatte te ontdek!

Die jaar het ons ‘n bietjie meer Engels ook in geglip, omdat ek my 10 en 12 jarige se Engelse woordeskat wil bou. Tog geniet ek dit steeds meer om in Afrikaans vir my kinders te lees. Lees voort

Categories: Graad 4, Graad 6, Graad R, Ons lees, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , | 2 Kommentaar

Op ons boekrak 2015

Dis ‘n nuwe jaar en weer tyd vir ‘n nuwe lys van die boeke wat my rakkers geniet het. Die jaar word hulle al 6 en 8 en dit wat hul geniet verander stadig maar seker. Ek wil egter ook ‘n lees lysie by sit vir kleinsus wat nou 1 is. Gaan loer gerus wat ons gelees en geniet het in 2014 en 2013. Lees voort

Categories: Graad 2, Graad R, Ons lees, peuter | Sleutelwoorde: , , , | 13 Kommentaar

Blog at WordPress.com.