peuter

Stimulasie

Een van die dinge waaroor ons ma’s so dikwels wonder is: Kry my kind genoeg stimulasie? Dit terwyl die vraag eerder moet wees, word my kind nie te veel gestimuleer nie. Vir lank het ek met dieselfde dinge geworstel. Genadiglik genoeg het ek oor die laaste 5 jaar ‘n paar dinge wys geword. Een hiervan was dat, juis in daardie tye wat ek nie tyd het my kinders te stimuleer nie, hulle die meeste leer. Dit klink so verkeerd om. So asof dit glad net nie sin maak nie.

Dit is juis agv hiervan dat dit skielik vir my s’n gemaak het toe ek die ander dag lees hoe ‘n opvoedkundige “expert” skryf dat ons uit ons kinders se pad moet kom dat hulle kan leer. Sien die slim manne en vroue het jare terug al studie op studie gedoen (en hulle doen steeds) en gevind dat kinders nie hope stimulasie nodig het nie. Hulle het liefde, aandag en hope tyd vir vryspel nodig. Dis dit. Niks “fancy” of duur nie.  Nie super oulik of ingewikkeld nie. ‘n Onlangse studie het immers weer gevind dat ouer betrokkenheid ‘n groter invloed op kinders se ontwikkeling en prestasie het as sosiale agtergrond, finansies en selfs skool. Ja, hulle het gevind dat die rykes se kinders in die beste skole nie beter vaar as die armes se kinders in die swakste skole nie. Alles het af gehang van hoe betrokke die ouers by hul kinders was. Nogal eintlik fantasties. Lees voort

Categories: Baba, kleuter, peuter | Sleutelwoordw: , | 1 Kommentaar

Moeilike eter wenke

Voor jy jou oë uitvee is jou baba groot genoeg om te begin eet. Advies rondom wanneer om te begin met vaste kos en wat om eerste te gee verskil baie. Ek gaan eerder nie daarop in gaan nie. Ek voel dis belangriker dat jy ‘n gesonde eter kweek. Hier is my wenke om dit te doen (baie van die mag ook help om moeiliker eters op die regte pad te help) Lees voort

Categories: Baba, peuter | Sleutelwoordw: | Lewer kommentaar

Ma’s wat borsvoed

Hier is wat ‘n paar ma’s gedeel het oor hulle ervaring van borsvoeding na ‘n jaar (na aanleiding van die artikel):

Surina het Sulene (6 ½ jaar) tot op 2 geborsvoed en borsvoed steeds vir Johanne (3 maande)
Lees voort

Categories: Borsvoeding, peuter | 1 Kommentaar

Nooit te oud vir die bors nie

Hierdie week (1-7 Augustus 2012) is die 20ste Wêreld Borsvoeding week. Daarom het ek besluit om ‘n ou artikel van my wat in die Julie 2011 uitgawe van die Baba en Kleuter verskyn het te laai.

Nooit te oud vir die bors nie

Meeste ma’s beoog om vir 6 maande of ‘n jaar te borsvoed. Wat gebeur egter daarna?
Lees voort

Categories: Borsvoeding, peuter | Sleutelwoordw: | 7 Kommentaar

Refluks en intoleransie

Ek wil nou al lankal tyd af knyp om ons refluks storie en alles wat ons in die proses geleer het te deel. Ek weet egter dit gaan lywig raak en met 2 woelwaters in die huis bly ek uitstel. Hier is dit egter uiteindelik!

Ons oudste is op 39 weke gebore. ‘n Gesonde 3.705kg. Sommer nog terwyl ons in die hospitaal was het hy begin spoeg/opgooi. Die pediater was oortuig dat daar nog vog op sy longe was, wat hom naar gemaak het. Die is dus uitgesuig, maar dit het niks verander. Lees voort

Categories: Baba, kleuter, peuter | Sleutelwoordw: ,,, | 2 Kommentaar

Tata doeke

Daar heers groot vreugde in ons huis. Daar is nie meer ‘n doek in sig nie! Ek is seker jy moet ‘n ma wees om dit regtig te kan waardeer. Dis nie net lekker om nie meer ‘n fortuin aan doeke te spandeer nie. Die heel lekkerste is dat daar nie meer doeke in ‘n asblik lê wat kan vrot nie!

Die hele uitstappie het my onkant gevang. Lees voort

Categories: Die woelwaters, peuter | Lewer kommentaar

Maniere

Een van die groot uitdagings van ouerskap is seker om vir die kleinspan ordentlike manier te leer. Manlief het gedink om dit op ‘n prettige manier te doen. Hy het die kinders begin leer om “Askies mense” te sê deur met hulle te speel dat iemand ‘n wind breek of los. Ongelukkig het dit nou in ‘n baie snaakse speletjie ontaard waarin hulle maak of hulle winde los /breek en dan kyk wie kan eerste sê “Dit was jy”. Dan moet daardie persoon “skies mense” antwoord. Lees voort

Categories: Die woelwaters, kleuter, peuter | Lewer kommentaar

Kunstenaar

Ellard is mal oor kunsprojekte, maar hy’t gewoonlik nie die geduld om iets ordentlik te doen nie. Deesdae gaan dit al baie beter en ek wil graag bietjie “brag”. Ek weet van sy ander maatjies kry die goed al lankal reg, maar dis vir my fantasties dat hy nou ook begin teken. Hier is van sy skeppings:

Sy eerste selfportret: Dis net oë, ‘n glimlag en bene met voete. Eintlik oulik om te sien wat vir hom belangrik is. Toe hy maande terug vir oupa geteken het was die hande en boepmaag die belangrikste.

Lees voort

Categories: Die woelwaters, kleuter, Kunsvlyt, peuter | Lewer kommentaar

Skoon verbaas

Salomie is nie meer baie gek oor die doek nie. Sy wil met mag en mening ‘n pantie dra. Gelukkig het ons die 2 “potty training” broekies. (Ek sal dringend nog moet kry!) Ek het die laaste ruk vir haar een keer ‘n dag dit aangetrek tot sy ‘n glipsie gehad het. Soms was dit ‘n hele uur of wat ander kere sommer gou-gou. Ons gaan piepie ook 2-3 keer ‘n dag. Lees voort

Categories: Die woelwaters, peuter, Uncategorized | 1 Kommentaar

Woord ontploffing

Ek is steeds verbysterd dat Salomie oor 5 dae al 21 maande oud is. Daar het die laaste ruk ‘n woord ontploffing in die huis plaas gevind. Ek is so dankbaar dat ek op 16 maande en 50 woorde besluit het ek gaan nie meer al die nuwe woorde neer skryf nie. Ek sou lankal kop verloor het as ek moes aan hou.

Die laaste week of wat het haar hoeveelheid sinne van 2-3 woorde soos konyne geteel. Dis “mamma terug” (as sy wil hê ek moet terug kom), “kom mamma”, “my beurt”, “los uit”, “af klim”, “af sit” (dis nou die lig, waaier of liedjie) en haar gunsteling vraag: “maak jy?” en vele meer. Dis so heerlik om te verstaan wat sy deesdae wil hê. Lees voort

Categories: Die woelwaters, peuter, Salomie sê-goed | Lewer kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.