‘n Ruk terug kom ek op ‘n maklike reënboog fudge resep af. Ons kon natuurlik nie wag om dit uit te toets nie. Die fudge het 5 kleure en nadat ek na die bestanddele geloer het het ek besluit 2 blikke kondensmelk en amper ‘n kilo witsjokolade gaan dalk ‘n raps te veel fudge wees vir ons 4 siele. Nie dat ons dit nie sou verorber nie, net dat dit nie aan te beveel is vir my heupe nie. Lees voort
Bak en brou
Die Dinosourusse verjaar
Brood dinge
So bak ons nog lekker brood in die brood masjien. Ek moes egter agter kom dis maar ‘n bietjie van ‘n raai-raai riepa ding. Sien daar is nie iets soos net die resep volg nie. Nee, jy moet konstant bietjie aan dit karring. Nie net het die weer ‘n invloed nie, maar hoe vars jou bestanddele is speel ook ‘n groot rol. Hier aan die begin van die maand rys die brood gewoonlik te veel en maak daardie tipiese holte in die middel. So halfpad deur die maand is die brood perfek. En dan hier teen die einde van die sakke meel (wat ek so ewe in die vrieskas bere om dit langer vars te hou) moet ek al ‘n ekstra eier in gooi net om die brood darem so bietjie te laat rys. Lees voort
Groot Roghawermout brood
Ek het voorheen my rog-hawermout brood resep gelaai. Dit was egter vir ‘n medium brood en die was net heeltemal te min vir ons. So hier is die resep vir ‘n groot (2lb/900g) brood. Vars uit die broodmasjien eet ons dit sommer maklik in een sitting op. Op die oomblik is dit die brood wat ons die meeste bak.
Bestanddele:
400ml water
2 eetlepel olie Lees voort
Rog-hawermout broodmasjien brood
Ellard was nie te beïndruk met die ander brood wat ek voorheen gebak het wat meer soos bruinbrood was nie. Ek kan hom seker nie kwalik neem nie. Vir sy hele lewe ken hy nog net 100% rog brood en die meer “gewone” brood moet seker maar heel volksvreemd vir hom gesmaak het. Ek het wel ‘n vermoede dat hy dit ook mettertyd gewoond sal raak.
Dit het ‘n paar probeer slae gevat om ‘n lekker koring-vrye broodjie te maak wat ook nie te duur is nie. Lees voort
Shaun the sheep partytjie
Ellard en Salomie se Shaun the Sheep partytjie was toe vet pret. Daarby het ek nie die jaar nodig gehad om rond te skarrel vir foto’s nie. Van ons vriende, Julian en Arnien (van Julian Kruger Fotografiese Dienste) was so oulik om vir my foto’s te neem! Hier is so ‘n paar van my eie tussen in, maar die groot gros het hulle geneem, waaroor ek vreeslik dankbaar is. Lees voort
Broodmasjien koring-vrye brood
My skoonma was so oulik om vir my ‘n broodmasjien vir my verjaarsdag te koop. Sy het raak gesien dat ons redelik uitgeëet was aan Spar se 100% rogbrood, wat al te gereeld deesdae stukke witbrood in gehad het.
Ek het nou al ‘n hele hoop resepte wat ek nog wil uit probeer, maar voor ek daarmee kan begin moet ek eers die winkels bestorm. Die gluten-vrye brode se lys bestanddele kan nogal lank raak. So lank kon ek egter nie wag nie. Vandag moes ek net daardie masjien uit toets. Ek het dus al die bestanddele wat ek in die huis gehad het saam gegooi en oë toe geknyp en duim vas gehou hier kom iets eetbaar uit. Lees voort
Shaun vordering
Ons Shaun the sheep partytjie is stadig maar seker besig om vorm aan te neem. Gister het ons hope pret met die “klei” gehad om die kolwyntjie en koek versierings te maak. Ek met erken dat ek later bietjie skaperig gevoel het. Ek is seker ek het net een te veel skapie gemaak.
Gewoonlik versier ek sommer hulle koeke met botterversiersel, so hierdie was ‘n hele nuwe uitdaging, maar reuse pret. Ons het heel duidelik te veel Cake Boss en Food Network Challenge gekyk. Die dat ons sulke dinge al wil aanpak. Die 2 rakkers het dit ook vreeslik baie geniet.
Groentebroodjies
Wel weet nie of die kan tel as ‘n resep nie, maar die kinders is mal daaroor om dit vir middagete aan mekaar te slaan. Ellard sê dis vir hom lekker, omdat dit groente op het. Iets wat mamma se hart sommer baie bly maak.
Groente broodjies (soos die kinders die slaai broodjies noem)
1-2 snye brood per kind Lees voort
Kinderdeeg
Hierdie is een van ons gunsteling resepte en kom uit Manna en Kwarteltjies. Die koekies kry nie eier in nie, dus kan die kinders selfs met veiligheid die rou deeg eet. Die koekies werk ook lekker met gluten vrye meel (en is dus perfek vir kinders met gluten/koring allergie). Buiten vir die bak en brou deel is hulle mal daaroor om die koekies te versier. Dit is ook ‘n heerlike aktiwiteit om saam met die maatjies te doen.
Kinderdeeg (maak Shortbread koekies) – genoeg vir 2
125ml margarien/botter
62 ml vlapoeier Lees voort