Ouerskap

Spog vir ‘n vale

Dit is die tyd van die jaar dat al wat ouer is vir ‘n vale spog met hul spruite. Daar is sertifikate en rapporte net waar jy kyk. Ek het egter al heelwat kritiek ook raak gelees van siele wat dink dit is onregverdig teenoor die kinders wat nie akademies sterk is nie. Ek hoor hulle hart, maar ek stem nie heel saam nie.

DSCF4094

Sien uoers is nou maar een maal gemaak om te spog met hul kinders. Dit is net hoe ons aan mekaar gesit is. Vandat daardie klein lyfie sy of haar opwagting maak vind ons iets om oor te spog. Dikwels subtiel, maar ons kan ons self net nie verhelp nie. En dit hoort ook so. Elke kind is spesiaal en uniek en iemand om op trots te wees. Lees voort

Advertisements
Categories: Ouerskap | Sleutelwoordw: ,, | 15 Kommentaar

Ouerskap ‘n olimpiese sport

Ek sit en dink gister dat ouerskap nes enige ander olimpiese sport is. Die atlete spandeer jare en jare om in hul item te vorder. Dit beteken ure van sweet en baie opofferings. Daar is baie waarop hulle uit mis vir ‘n kans om ‘n olimpiese medalje te verower. Vir meeste van ons is die toewyding net nie die moeite werd nie. Tog is ek seker elke atleet by die spele sou dit nie anders wou gehad het nie.
Ouerskap is baie dieselfde. Daar is soveel aanpassings en opofferings wat mens maak om kinders groot te maak. Tog is dit alles deur en deur die moeite werd. Dit is nie ‘n kort termyn projek nie. Vir jare bou mens aan kinders karakters en mens wees. Dit verg toewyding elke liewe dag. En dis eers soveel jare later wat jy “resultate” sien.

Mag ons as ouers nie ook soos van hierdie atlete by die olimpiese spele kom en besef ons moes dalk nog ‘n paar uur harder geoefen het om ‘n medalje te verseker nie. Mag ons vandag die ekstra uur afknyp om in ons kinders se lewe te belê.

 

Categories: Ouerskap | Lewer kommentaar

Beste ruiltransaksie ooit

Dis ongelooflik om te dink 6 jaar terug het ons uitgevind ons is swanger vir die eerste keer. Dit voel dan nog soos gister toe ek bewend en ongelowig na daai twee strepies op die toetsie gekyk het. Vandag hardloop hier 2 besige lyfies in ons huis rond en sorg vir hope vreugde (en met tye uitputting). Mens moet seker eers self kinders hê om presies te verstaan hoe baie hul mens se lewe verander.

Verby is kerslig etes, opkrul op die bank voor die TV en vroeg gaan inkruip snags. Ons het dit ingeruil vir skaterlaggies, nat oopmond soene en die heerlikste kinderdrukkies. Ons silwerskoon huis het ons verruil vir taai handjies, sjokolade bekkies en blik ogies. Laat slaap naweke het nou oggende van rofstoei en lag op die dubbelbed geword. Dit als was die beste winskoop ooit.

So tussen die min slaap deur vergeet mens soms van al die nuwe wonder wat in jou lewe is. Dankie aan my japsnoete vir al die vreugde, onvoorwaardelike liefde en vertroue. Dis ‘n voorreg om julle mamma te kan wees en elke oomblik van elke dag met julle te deel.

Categories: Ouerskap | Lewer kommentaar

Elk ‘n superma

Praat met mamma’s en jy kom gou agter ons almal voel skuldig oor iets. Ons wil almal graag supermamma’s wees – Hoe onrealisties dit ook al mag wees, veral as jy hoor wat ons dink ‘n superma is!  En dis ook nie moeilik om te verstaan hoekom ons so dikwels voel ons skiet te kort nie. Mamma’s wat bottelvoed vertel van die kritiek wat hulle kry, omdat hulle nie geborsvoed het nie. Of die wat wel het dat hulle nie vir lank genoeg geborsvoed het nie. As ‘n mamma wat wel lank geborsvoed het, weet ek weer dat jy van die begin af moet hoor, hoekom gee jy nie bottels ook nie, hoekom borsvoed jy nog steeds. Feit is ongeag wat ‘n ma doen sal daar altyd kritiek daar buite wees. Nugter weet hoekom. Ons wil immers net elk die heel beste vir ons kinders hê. Hoekom ondersteun ons nie eerder mekaar se besluite nie? Lees voort

Categories: Baba, Borsvoeding, Ouerskap | Lewer kommentaar

Die beste ouderdoms gaping

 Is daar iets soos die perfekte tyd vir nog ‘n spruit?

Die realiteit is dat daar waarskynlik nie iets soos die perfekte ouderdomsgaping tussen spruite is nie. Elke gesin het sy eie dinamiek en omstandighede verskil. Elke ouderdomsgaping het immers sy eie voor en nadele en wat vir een familie werk is weer nie so suksesvol in ‘n ander nie.

 Oorwegings Lees voort

Categories: Ouerskap | Sleutelwoordw: | 1 Kommentaar

Klein gaping

Hier is wat ‘n paar ouers te sê gehad het oor hulle ervaring van ‘n klein ouderdomsgaping (18 maande en minder verskil). Asook wenke wat hulle gee.

Luzanne het ‘n 2 jarige en 9 maande oue baba (wat 17 maande verskil):

Die lekkerste ding van die ouderdomsgaping is om te sien hoe lekker hulle met mekaar speel, en dat die jongste een soveel vinniger mylpale bereik. Ek dink dit is seker ‘n tipe “copy-paste” verhouding. Alles wat boetie doen moet sussie ook probeer doen. Lees voort

Categories: Ouerskap | 1 Kommentaar

Medium gaping

Hier is wat ‘n paar ouers te sê gehad het oor hulle ervaring van ‘n medium ouderdomsgaping (18 maande tot 3 jaar verskil). Asook wenke wat hulle gee.

Yolande het ‘n 2 jarige en 6 maande oue baba wat 21 maande verskil

Dis ‘n vreugde om te sien hoe my seuns verskil en hoe die jongste van geboorte af altyd sy boetie dop hou. Dis wel ‘n uitdaging om balans te vind, veral met ouboet wat nie meer in die middag wil slaap nie en besig is met potjie lesse. Saans is dit ook moeilik, want dikwels is ouboet baie moeg en wil sommer in boetie se bad bad en dan gaan slaap. Ek kry hom net nie in ‘n vaste roetine nie. Lees voort

Categories: Ouerskap | 1 Kommentaar

Groot gaping

Hier is wat ‘n paar ouers te sê gehad het oor hulle ervaring van ‘n groot ouderdomsgaping (Meer as 4 jaar verskil). Asook wenke wat hulle gee.

Karina se oudste is 7 en het ‘n 22 maande peuter

Dis vir my lekker dat my seun kan aangaan met sy eie dinge, terwyl ek besig is met die jongste. Hy verstaan hoekom ek meer aandag aan haar moet gee. Hy help my ook met sy sussie en speel so oulik met haar!

Aan die praktiese kant veroorsaak die verskil dat hulle verkieslik apart moet bad en aantrek. Lees voort

Categories: Ouerskap | 1 Kommentaar

Jonk en reg om ‘n ma te wees

Elsabé (Twincess mamma) is ‘n ma wat weet van al die vreugdes en uitdagings van ma-wees in jou vroeë twintigs. Sy deel haar verhaal op Mamma Zel en hoop om ander jong ma’s te bemoedig.

Ek was maar ‘n baie stil en ordentlike meisie. Glad nie die sosiale vlinder nie. Op skool het hulle my selfs “die dominee se kind” genoem, omdat ek altyd so voorbeeldig was. Ek het altyd hard geleer, huiswerk gedoen, nie eers probeer rook of drink nie. Dis dus verstaanbaar dat dit ‘n massiewe skok vir almal was om uit te vind ek is swanger en ongetroud. Lees voort

Categories: Ouerskap | 2 Kommentaar

Goue nektar

Heuning is heerlik soet en het hope gesondheids voordel, maar waarom behoort jy dit nie vir jou baba te gee nie. En wat is Botulisme?

Heuning bestaan uit verskeie suikers en ander komponente. Die koolhidrate is hoofsaaklik fruktose, (ongeveer 38.5%) en glukose (ongeveer 31%). Dit bevat verder maltose, sukrose en ander komplekse koolhidrate. Heuning bevat ook klein hoeveelhede van ‘n wye verskeidenheid vitamines en minerale, onder andere vitamien B2, B3 en B5, kalsium, koper, yster, magnesium, mangaan, fosfor (phosphorus), kalium en sink. Rou heuning bevat ook stuifmeel en ensieme. Lees voort

Categories: Baba, Ouerskap | 2 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.