Voorskool

Hoender skootboek

DSCF6455

Ons het pas klaar gemaak met “Die Rooi Haan” van Freda Linde. Veral ons oudste het die boek baie geniet. Dit saam met die feit dat ons al soveel ander interessante hoender stories gelees/-luister het, was duidelik ‘n teken dat dit tyd was om bietjie meer oor hoenders te leer. Ons het ook “Diva Veronica“ van Marianna Brandt gelees en geluister na “Hendrik die hoenderhaan” (Daar is ‘n uittreksel van dit hier http://www.youtube.com/watch?v=sSx-VBmYNqM). Ons het meer oor hoenders gaan leer op http://mieliestronk.com/hoenders.html en sommer ‘n hele klomp hoender gedigte gelees uit DJ Opperman se “Klankies vir kleintjies” en “Kleuterverseboek” en Philip de Vos se “Mallemeule-man”. Lees voort

Advertisements
Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,, | 6 Kommentaar

Klimpvarkie skootboek

DSCF6447

Ons het die oulikste reeks lewende boeke ontdek – Natuurbiblioteek. Wel ons kon nog net 2 van hulle in die hande kry, Die Eekhoring en Die Krimpvarkie. Ons het ‘n rukkie terug ‘n skootboek oor die eekhoring gedoen. En nou een oor die Krimpvarkie. Die storie is so geskryf dat mens soveel oor die diertjies leer. Dan sluit die boek verder af met nog interessante feite oor krimpvarkies. Vir ons knaap was dit vreeslik interessant dat hulle selfs slange kan doodmaak en eet. Terwyl ons pop nie gedink het dat hulle kon swem nie.

Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, Kunsvlyt, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool, wiskunde | Sleutelwoordw: ,,, | 4 Kommentaar

Slak Skootboek

2014-08-08-1431

My kinders was nog altyd absoluut gek oor slakke. Hulle dra hulle rond, speel met hulle en red hul al te dikwels uit die huis. (Dalk maak dit weer op vir al die wat seer kry in die proses.) Ons moes seker lankal meer oor die slymerige gediertes geleer het. Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Gratis drukstukke, Kunsvlyt, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,,,,, | 7 Kommentaar

Kameel skootboek

Ons het “Die Singende gras” deur Freda Linde gelees en vreeslik baie geniet. Die storie speel in Suidwes (Namibie) af en dit was ‘n ideale kans om meer oor kamele te leer. Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,,, | 2 Kommentaar

Eekhoring skootboek

DSCF5838

Hier is so baie boomrotte, ag ek bedoel eekhorings, wat elk dag in ons tuin rond baljaar dat dit seker onvermydelik was dat ons een of ander tyd meer oor die diertjies sou leer. Toe vind ek ook nog ‘n fantastiese lewendeboek, Natuurbiblioteek: Die Eekhoring, in ons biblioteek. Die boek vertel alles van eekhorings se gewoontes, kos, predatore en vele meer in die vorm van ‘n fassinerende storie. Ongelukkig moes ek toe ontdek dat ons biblioteek net nog een ander boek in die reeks het en dat dit op die oomblik uitgeneem is. Ek hoop van harte dat ons nog van die boek in die hande sal kan kry! Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,, | 2 Kommentaar

Borrelende Eksperimente en pH

Ek is seker ek het dit al genoem – Met ‘n baba in die huis is daar net dingetjies wat ek blykbaar heeltemal mis en, erger nog, dit gewoonlik nie eers agter kom nie. Soos ek besig is om deur my foto’s te gaan om te skryf oor nog 2 skootboeke wat ons gedoen het kom ek op ‘n ton ander dinge af wat ek nooit gedeel het nie. ‘n Klompie van ons eksperimente val hier onder. En is ons nie lief vir eksperimente nie! Ek kan nie glo ek het dit nie geplaas nie! Ek gaan nie tyd hê om alles in te haal nie, maar ek wil graag met julle tenminste 4 deel. Eintlik is 3 daarvan net variasies van dieselfde ding. Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,,,,, | 1 Kommentaar

Gimnastiek skootboek

 

DSCF5826

Tydens die Statebond Spele was my 2 gimnasies vasgenael voor die TV. Ons Pop was versot op al die blink leotards! Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,, | 1 Kommentaar

Vel en hare skootboek

DSCF5823

So ‘n rukkie terug het ons ons eerste skootboek (lapbook) aangedurf. Ons Pop wou meer weet van “Hare”, so dit het soos ‘n lekker manier geklink om meer van die te leer. Ek het op ‘n oulike Skootboek oor die menselike liggaam af gekom by http://www.homeschoolshare.com/human_body.php en toe die goedjies waarvan ons wou leer daaruit aangepas/ver-Afrikaans. Die eenheid gebruik “Blood and Guts” van Allison, wat ek reeds gehad, omdat dit ook gebruik word in Konos volume 3. Ek moes natuurlik ‘n paar goedjies by werk, omdat ons net op ‘n klein deeltjie van die eenheid gefokus het. Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 1, Gratis drukstukke, skootboek, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,,,,, | 3 Kommentaar

Letter pret

Ek hou altyd daarvan om eerder met prettige speletjies vir die kinders nuwe dinge te leer. Lettervaslegging is nou groot in ons huis. Ek het dus gedink dis net gepas om te deel wat ons al aangevang het om dit speel-speel te leer.

Parkeer die letter

Ek het op die oulike idee afgekom om ‘n letter parkade te maak. Die idee is om karretjies met die kleinletters op te parkeer op die parkeerplek met die hoofletter op.

DSCF3592 Lees voort

Categories: Graad 1, Gratis drukstukke, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,,, | 6 Kommentaar

Ons dag

Een van die vrae wat ek seker die meeste kry is, wat ons elke dag doen. Hmm, dis nogal ‘n moeilike een om uiteen te sit. Die grootste deel van ons dag bestaan uit speel en huis takies. Die leer gebeur eintlik sommer so vanself. Ek is nie ‘n streng skedule mens nie, so ons “skool” het verseker ook nie ‘n werklike skedule nie”.

Maandae en Woensdae word hoofsaaklik deur gimnastiek, Playball en ‘n kuier by ander tuisskool maatjies in beslag geneem. Die res van die week pas ons die speel en leer so tussen al die alledaagse goed in. Ons lees baie. Uit die Bybel en die lekkerste stories. Dis deel van elke dag. Die ander dinge doen ons soos ons lus kry of wanneer hulle moeg gespeel is binne, buite in die tuin of op die klimraam.
Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: | Lewer kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.